Swakopmund - 35 x 65 cm - pastel 

Walfish Bay -  Pastel

 

Otto Schröder onderskei homself deur ‘n fynvoelige liriese ingesteltheid. In styl en in ontwerp staan sy kuns los van enigiets anders wat in Suidwes – kuns voorkom.Die ongenaakbare Smdwes-landskap hou weinig bekoring vir Schröder. Hy ontvlug dit deur hom in hoofsaak toe te spits op die uitbeelding van die kus waar die mistigheid  sagte kleur en dynserige  ligspeling ideaal geskik is vir sy sensitiewe olieverfstudies en pasteltekeninge .Ofskoon ander guidwes-kunstenaars soos Jentsch en Voigts af en toe die kus en see uitbeeld, is Schröder die enigste in wie se oeuvre dit as belangrike deurtopende motief voorkom. Die wye kuslyn van Suidwes-Afrika. die rustelose see wat teen die barre Namib aanslaan. is die groot tema van sy kuns. Die mens kom meermale in sy uitbeeldings voor, en waar dit nié die geval is nie. is tekens van menslike aanwesigheid te sien in ‘n sonsambreel of hoed op die andersins verlate strand; motorspore diep in die los woestynsand ingetrap; die aanduiding van 'n dorp wat op die horison in die dun lig van die woestyn gesuggereer word; ‘n afvalhoop in die trillende lig van die Namib - in watter vorm ook al, die mens en sy bedrywighede vorm meestal deel van sy motiewewêreld.Van al die skilders in Suidwes-Afrika staan Schröder die naaste aan die impressionisme en elke faset van sy kuns getuig van sy totale oorgawe aan die beginsels van die kunsstyl. Anders as sy voorgangers is hy in impressionistiese tradisie buitelugskilder, en selfs nie die ongunstige eienskappe van die Suidwes-natuur kon hom van die Sebruik laat afsien nie. Die klimaatsomstandighede van die kusstreke is weliswaar bevorderlik vir die Plein-air-skildermetode: Schröder skilder egter ook ander meer ongenaakbare omgewings in Suidwes-Afrika - en ook dáár werk hy in die buitelug.Hierdie verandering in die benadering van die "motief” is van wesenlike belang as die verskil tussen sy werk en die van sy voorgangers in die Suidwes-kuns verklaar wil word. Schröder gee in die eerste plek uitdrukking aan hom direk waargenome natuurbeeld. Sy werk is nie ateljeekuns nie en as sodanig dus ook minder beplan. Sy kuns bevat al daardie elenskappe wat 'n mens gewoonlik in die werk van 'n buitelugskilder aantref: 'n vars en ongekompliseerde belewing van die natuur wat direk en spontaan op die doek uitgedruk word. In die opsig staan hy na aan Adolph Jentsch. Schröder  groot pastelstudies van die Weskus en die Namibwoestyn raak 'n nuwe klank aan in die Suidwes-kuns. Hy slaag net soos Jentsch daarin om die ruimtelikheid van die landskap vas te vang en hy is beslis in staat om 'n bepaalde stemming oor te dra.Anders as Jentsch - en selfs Krampe - is Schröder afhanklik van 'n spesifieke toneel. Ongeag die mate waarin hy dit wat hy waarneem op die doek suggereer, is dit altyd moontlik om die omgewing waar die skildery onstaan het, te herken. Hy is dus baie plekgebonde in sy kunsskepping. Die gevoel ontstaan dat Schröder nie anders kon as om direk van die motief af te werk nie. Daarteenoor kry mens die indruk dat Jentsch slegs in die natuur moes wees as hy skilder. Dit ontbreek Schröder se kuns aan die diep geestelike kwaliteite wat die werk van sy landgenoot kenmerk en is baie meer afgestem op optiese waarneming.Schröder se besonder fyn ontwikkelde kleursin is een van sy sterkste eienskappe. In sy kleurgebruik beperk hy horn deurgaans tot sagte tints wat 'n uitgesproke poëtiese kwalitsit aan sy werk verskaf. Tog verval hy nooit, soos byvoorbeeld met Ossmann wel die geval is, in 'n soetllks romantisering nie. Sy pasteltekening Swakopmund bevat baie van Schröder se beste kwaliteite as landskapskilder. Daar gebeur nie vsel op die groot dosk nie. Dit is verdeel in twse horisontals vlakks: 'n dsrde land en twse dsrdss lug. Di» landskap bestaan uit n wye kus mat 'n aanduiding van 'n lagune en motorspors wat oral voorkom. Die sse en die kusdorpis Swakopmund waar Schröder  graag geskilder hst, word slsgs op die horison. Die groot leê lug, geskilder in fynskakerings van grys en blou, oorspan die toneel. Daar is nog in die lug. nog in die landskap enige vaste herkenbare vorm: die hele voorstelling dreig om op te los in die sagie mirage-agtige woestynlig. Die landskap is herlei tot enkele subtiel geplaaste kleurvlekkies. Donkerder kleurtone lei die oog van die toeskouer oor die wye voorgrond na die horison waar die dorpie, die breekwater en die see in sterker tone aangedui word.Dit is 'n werk waarin ruimte met die minimum inspanning bereik is: 'n ongekompliseerde siening van die natuur, vol lig en lug. Tog bly dit objektief en deur die herkenbaarheid van die omgewing ook oordgebonde. n Mens kan sonder moeite die posisie bepaal waarvandaan die skilder die toneel betrag het en aan die luglyn van die dorpie. gebou vir gebou herken. Sy naturlistiese impressionisme is die resultaat van buitengewone sensitiewe waameming en n goed ontwikkelde tegniek.


Walfish - Bay Pastel

Luederitzbay - Pastel 

Swakopmund - Pastel

Otto Schröder was a distinguished by a sensitivity lyrical quality,In style and subject ,his works stands apart from from anything else that appears in South-West African art.The forbidding South-West African landscape holds little fascination for Schröder. He evades it by concentrating mainly on the portrayal of the coast where the mistiness, subdued colour and hazy play of light are ideally suited to his sensitive oil studies and pastel drawings. Although other South-West African artists, like Jentsch and Voigts, from time to time portray the coast and the sea, Schröder is the only one in whose oeuvre it is a significant continuous motif. The wide coastline of South-West Africa, the restless sea breaking against the barren Namib, are the main theme of his art. Man often appears in his art and, where this is not the case, there are signs of human presence in a beach umbrella or hat on an otherwise desolate beach, tyre marks deeply impressed on the loose desert sand, the suggestion of a town on the horizon in the rarefied desert air, a waste-dump in the vibrant light of the Namib - in whatever shape, man and his activities mostly form part of his motif world.Of all the painters in South-West Africa, Schröder is closest to impressionism and every facet of his art reflects his total commitment to the principles of this style. Unlike his predecessors, he is an outdoor painter in the impressionist tradition, and not even the unfavourable qualities of nature in South-West Africa could move him to abandon this practice, indeed, the climatic conditions prevalent in the coastal regions are conductive to the plain air method of painting. Schröder, however, also painted other more Sbffino areas in South-West Africa - and there, too,he worked outside.The change in approach to the motif is of prime importance if the difference between his work and that of his predecessors in South –West African art is to be explained.In the first place Schröder expresses  a directly observed image of nature. As his work is not  studio work, it is less planned. His art embodies all those characteristics usually found in the work of outdoor  painter: a fresh and uncomplicated experience of nature directlynand spontaneously  expressed on he canvas. In this respect he is close to Adolph Jentsch.Schröder's large pastel studies of the West coast and the Namib strike a new note in South-West African art Like Jentsch, he succeeds in capturing the spaciousness of the landscape, and he is definitely capable of conveying a certain mood. Unlike Jentsch and even Krampe. Schröder is dependent on a specific scene. Irrespective of the extent to which he suggests whatever he observes on canvas, the scene where the painting was done is always identifiable. He is therefore very much bound to location in his work. One feels that Schröder was compelled to work directly from the motif. On the other hand, one gains the impression that Jentsch had only to be in nature when he painted. Schröder's art, lacking in the profound spiritual qualities characteristic of the work of his fellow-countryman, tends more to optical observation.Schröder's exceptionally highly developed sense of colour is one of his strongest qualities. In his application of colour he consistently limits himself to light tones, which lend his work a pronounced poetic quality. Yet he never lapses into sugary romanticism. His pastel drawing Swakopmund, contains many of Schröder's best qualities as a landscape painter. Not much happens on the large canvas. It Is divided into two horizontal planes a third land and two-thirds sky.The landscape consists of a wide coast with an indication of a lagoon  and tyre marks which appear everywhere. The sea and the coastal town of Swakopmund ,where  Schröder loved to paint, are merely a suggestion on the horizon.