Ná die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog kom twee belangrike kunstenaars na Suidwes-Afrika: Otto Schroeder in 1947, en Fritz Krampe in 1951.Otto Edward Henry Schroeder is in Februarie 1913 in Londen gebore. Sy vader was Duits en sy moeder Engels.Sy vroegste lewensjare bring hy deur in dieatmosfeer van die oorlogtydse Londen. As Duitser was sy vader geïnterneer en die jong Schroeder het hom slegs gesien wanneer hy en sy moeder die interneringskamp kon besoek.

  Die afwesigheid van sy vader veroorsaak dat ’n besonder hegte verwantskap tussen die jong seun en sy moeder ontwikkel.Na die oorlog word die gesin na Duitsland gerepatrieer en hülle vestig hülle in Keulen. In Engeland was hülle as Duitsers beskou en in Duitsland as Engelse.Die onverdraagsame atmosfeer van die naoorlogse jare veroorsaak dat die jong Schroeder deur sy skoolmaats vermy word en dat hy sy jeugjare baie eensaam deurbring. Hierdie toestand is vererger deur sy algemene swak gesondheid.Hy gaan skool in Keulen, en begin reeds in dié jare belangstel in kuns.Ná sy skoolopleiding word hy op aandrang van sy vader leerling aan ’n handelskool. In sy vrytyd begin hy egter reeds om kuns en sielkunde te studeer. Na voltooiing van sy jaarlange opleiding aan die handelskool, stuur sy vader hom op ’n uitgebreide reis na Italië.

  Dit is tydens dié reis dat Schroeder finaat besluit om kunstenaar te word.Tog besluit hy, weer eens op aandrang van sy vader, om in diens van ’n bekende uitvoermaatskappy te tree, en na drie jaar word hy permanent aangestel.AI sy beskikbare tyd wy hy egter aan sy kunsbeoefening. Hy volg aandklasse in die ateljee van Oscar Boegel en dan by die bekende Hamburgse portretskilder Hermann Junker.Junker se invloed op Schroeder is van wesenlike belang. Hy moedig sy leerling aan en verstaan die kuns om entoesiasme vir sy vak by hom wakker te maak. Schroeder het seif verklaar dat hy so begeester was dat hy vroeg in die oggend, voor die aanvang van sy werkverpligtinge, reeds geskilder het en na sluitingstyd in die middag hom na Junker se ateljee gehaas het.Gedurende 1938 word hy deur sy werkgewer na Wenen gestuur om optiese instrumente te bestudeer.Hy bring egter die meeste van sy tyd daar in kunsmusea deur.In Maart 1939 kom hy as afdelingshoof van ’n Duitse firma in Kaapstad aan.

  Met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog later daardie jaar word sy dienskontrak met die firma beeindig en bevind hy hom sonder geld en beroep in ’n vreemde land. In ’n sekere sin was dit ’n bedekte seen, want toe kon hy ’n ou droom verwesenlik en hom voltyds aan die skilderkuns wy.Sy goeie kennis van Engels maak dit vir hom moontlik om kontakte in Kaapstad se kunskringe op te bou en ook om skilderklasse aan te bied aan ’n groepie privaatleerlinge. In die jare ontmoet hy die Suid-Afrikaanse kunstenares Nerine Desmond. Hy skilder ook portrette van ’n aantal lede van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes.In ’n artikel wat in die tydskrif Pictorial van Maart 1940 aan hom gewy is, word met groot lof van sy werk gepraat.Die eerste uitstalling van sy werke vind ook in di6 tyd plaas by Maskew Miller in Kaapstad, en die kritici van destyds voorspel dat daar veel verwag kan word van die welkome nuweling.

  Sy onbekendheid met die Suid-Afrikaanse veroorsaak dat sy leerlinge hom verlaat. Deur bemiddeling van vriende gaan hy na Rouxville en daarna na Kroonstad in die Oranje-Vrystaat, waar hy weer skilderonderrig gee aan ’n aantal leerlinge. Soos dit egter met die meeste Duitse mans in dié tyd die geval was, word Schroeder ook uiteindelik gevange geneem en geïnterneer in die Baviaanspoortkamp naby Pretoria.Ook hier kry hy kunsleerlinge en gaan hy voort met sy kunsbeoefening. Hy teken sy medegeïnterneerdes -soos hy sê, bloot ter wille van oefening, aangesien die gelaatstrekke van almal min of meer dieselfde word na ’n paar maande in die kamp.Na sy ontslag uit die interneringskamp besluit hy om in Suid-Afrika te bly. Sy moeder is gedurende die oorlog oorlede en hui huis en besittings in Hamburg is verwoes.

  Alle bande wat hy met Duitsland gehad het, is dus verbreek.In 1947 vestig hy hom in Windhoek waar hy jare lank aktief in die kunslewe staan. Schroeder kan met reg beskou word as die persoon wat die Suidwes-kunslewe in ’n vaste patroon geplaas het. Die gedagte om ’n tak van die Suid-Afrikaanse Kunsvereniging in Windhoek te stig, ontstaan by hom. Saam met die kunshandelaar Josef Reiter is hy grootliks verantwoordelik vir die uitbouing van hierdie vereniging tot een van die aktiefste verenigings in Suidwes. Te midde van sy verpligtinge as organiseerder van die kunsvereniging stig hy ook nog ’n jeugkunssentrum in Windhoek waar hy baie jare lank uiters waardevolle werk onder die wit- en swartkinders van Windhoek verrig.

  Saam met ander persone beywer hy hom ook vir die oprigting van ’n volwaardige kunssentrum in Windhoek, en in 1965 is die droom van die Erich Luebbert-Stifftung, wat die Windhoek-kunsgalery insluit, verwesenlik.Schroeder se aandeel in die bekendstelling van sy mede-Suidwes-kunstenaars kan nie oorskat word nie. Van die talle uitstallings van hui werk wat hy deur die Kunsvereniging binne en buite Suidwes-Afrika aangebied het, is die verteenwoordigende Suidwes-kunsversameling, wat gedurende 1953 en1954 in Wes-Europa en Engeland vertoon is, sy belangrikste poging om Suidwes-kuns in breër kringe bekend te stel. Die talle artikels wat hy oor die Suidwes-kuns en -kunstenaars geskryf het, het ook bygedra tot groter bekendstelling van wat in Suidwes-Afrika op kunsgebied vermag is.

  Sy bekwaamhede as organiseerder was ook buite Suidwes-Afrika bekend. So is hy aangestel as iid van die keurkomitee van die Van Riebeeckfees-tentoonstelling gedurende 1952 in Kaapstad en die komitee wat moes besluit oor die Suid-Afrikaanse inskrywings vir die Venesiaanse Biennale van 1956. Hy was ook ’n genoot van die Royal Society of Arts, Londen, Iid van die Suid-Afrikaanse Raad van Kunstenaars; van die Intemasionale Vereniging van Kunsleerkragte, INSEA, Parys, en die Komitee vir Beeidende Kuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.In 1962 is hy aangestel in die nuut ingestelde leerstoel vir Beeidende Künste aan die Universiteit van Stellenbosch - ’n pos wat hy met onderskeiding beklee het tot sy dood in 1975.

  Alhoewel sy onbaatsugtige opofferinge in diens van sy kollegas in Suidwes-Afrika - en sy latere verpligtinge as professor aan 'n universiteit - inbreuk gemaak het op sy persoonlike kunsbeoefening, is sy nalatenskap nogtans besonder groot.As portretskilder beklee hy ’n eie piek in die Suidwes-kuns. Sy uitbeelding van die Weskus waarna hy jaar na jaar teruggekeer het en waar kort voor sy dood nog gewerk het, is tot buite die grense van Suidwes-Afrika bekennt.

Foto's van sy lewe